Oops! Sorry!!


This site doesn't support Internet Explorer. Please use a modern browser like Chrome, Firefox or Edge.


'n Poskaart

'n Droom

'n Onbekende wêreld

...

Dis 1971. In haar bagasie is Frommer se Europe on $5 a day, in haar adresboekie 'n paar telefoonnommers en in haar hart 'n droom.

REISGOGGA

Jou eie fisiese kopie van Reisgogga

Bestel Reisgogga, deur Naledi, die uitgewers, se webwerf.

Naledi

Christine Grobler het as dogtertjie drie drome gehad: Sy wou met ’n predikant trou, baie kinders hê en die wêreld sien.

 

Op sewejarige ouderdom kry sy ’n poskaartjie van haar oom met die Zürichmeer op en hy skryf van die Jungfrau. Haar ma vertel haar van dié sneeuberg, die koningin van die berge.

 

Dié stories maak dat sy die wonderwêreld van vreemde plekke wil ontdek. Ook die boeke wat sy lees van onbekende plekke, gryp haar verbeelding aan.

Christine droom van reis na vreemde plekke.

’n Paar keer lyk dit of die droom vervul gaan word. Dan duik struikelblokke op wat lyk asof die deure vir haar toegaan.

 

Sy ondersteun ’n immigrant in nood wat onverwags kan help om haar reisdroom te verwesenlik.

So begin ’n reis van sewe weke wat elf lande en agtien bestemmings insluit.

Die leser reis saam met Christine na hierdie plekke en ontdek ’n nuwe wêreld met uitdagings en avonture deur haar oë. Soms moet sy groot klippe uit die pad rol.

Christine moet haarself bewys. Haar kinders glo: Mamma kan enige iets regkry en ander rolmodelle in haar lewe koester hoë verwagtinge van haar. Soms twyfel sy aan haar vermoëns.

 

Maar die reisgoggatjie het gebyt. En dit is ’n vas-byt!

Reisgogga gaan oor die meeste van ons se begeerte om die vreemde te verken. En oor die lewenslesse en avontuur wat met uitdagings gepaardgaan.

Reis is ’n ontdekking en ontdekking is ’n reis.

Johan Rademan

RSG-omroeper en Reisprogramaanbieder



"Met lewendige kleurryke beskrywings, ryk aan persoonlike ervarings word die leser geïnspireer deur die mens, Christine van Wyk – haar drome, passie, deursettingsvermoë en diep geloof...

In hierdie tyd van sosiale- en reis inperkings, bied Reisgogga die leser 'n ontspanne en genotvolle ervaring wat tegelyk verrykend is en leersame inligting bied op 'n positiewe manier.


Die leser ontdek, droom, reis en oorkom saam uitdagings wat met so ’n reis gepaardgaan.


Die Toerismebedryf kan baat by 'n goeie inspuiting Wanderlust in Afrikaans."

Tienie Botha

Afgetrede joernalis

"‘n Merkwaardige boek oor ‘n merkwaardige vrou...

Dis die verhaal van ‘n plaaskind wat groot drome gehad het en hulle ongeag moeilike omstandighede waar laat word het.


Die boek is nie net die merkwaardige verhaal oor ‘n merkwaardige vrou nie, maar ook ’n nuttige reisgids vir mense wat oorsee wil gaan. Die plekke wat Christine besoek het en waaroor sy in fyn detail verslag doen, is steeds die bekendste besienswaardighede in Europa.


Ek beveel die boek ten sterkste aan."

Reisgogga e-boek is nou beskikbaar!

Bestel jou Reisgogga e-boek om onmiddelik te begin lees. Dis beskikbaar op Amazon (gebruik die Kindle app), Apple Books, Barnes&Noble, Scribd en Bookmate

Klik op enige van die handelsmerke hier onder om die e-boek te koop:

Kry 'n gratis aksielys vir jou volgende reis!

Haal die kopseer uit jou vakansie met 47 slim Reisgogga-reiswenke.

Teken in