Oops! Sorry!!


This site doesn't support Internet Explorer. Please use a modern browser like Chrome, Firefox or Edge.

Christine Louw

Christine is getroud met Murray Louw en hulle het vyf kinders groot gemaak. Hulle het ses kleinkinders. Sy verwerf haar BA graad by Unisa met hoofvakke Sosiologie en Bybelkunde en later Kommunikasiekunde.

Sy werk al vir dekades as deeltydse toerleier van Christine van Wyk Toere en na groot rampe, het sy saam met Global Relief na verskeie lande gegaan om oorlewendes te help na erge trauma. Vir vyf maande help sy tsunami slagoffers in Indonesië. Hulle het veral ook plaaslike onderwysers en ander gemeenskapsleiers gehelp en opgelei om ook ander om hulle te help.

Sedert 1980 werk sy saam met haar man, siviele ingenieur, as sendingkonsultant in Kemptonpark. Saam was hulle in baie onbereikte plekke waar hulle ook opleiding aangebied en saam met plaaslike leiers gewerk het.

Christine het 55 lande besoek.

Die egpaar het drie kinders deur die dood verloor, daarom kan sy met deernis skryf.

Reisgogga is die skrywer se debuut bundel.


"Reis is 'n ontdekking en ontdekking is 'n reis."

  • Reisgogga

Kopiereg © 2021 - Reisgogga - Alle regte voorbehou.